• Home
  • PERFORMANCE
  • VIDEO/INSTALLATIONS
  • OBJECTS
  • ABOUT
  • CONTACT

Feeds:
Posts
Comments

Santu Mofokeng (2010)

Eyes wide shut – Santu Mofokeng

Die werk van die Johannesburgse fotograaf Santu Mofokeng kom heel dikwels in my gedagtes op wanneer ek dink oor die moontlikhede wat kontemporêre kuns kan bied in Suid-Afrika.

Vir my is Mofokeng se fotografie een van die beste kontemporêre voorbeelde van hoe kuns soms uiteenlopende idees om skoonheid, die persoonlike, die politieke en die sosiale kan vereenselwig; sonder om slegs ’n illustrasie of abstrak te wees.

Een van Mofokeng se bekendste werke, ‘Ishmael: Eyes Wide Shut’ (2004), lyk op die eerste oogopslag eenvoudig na ’n portret van Mofokeng se sterwende broer, Ishmael. Hy is nog ’n slagoffer van MIV/vigs, wat soos ’n verwoede veldbrand deur Suid-Afrika aanhou hits. Mofokeng het die portret in die Motualeng-grotte op die grens van Suid-Afrika en Lesotho geneem. Dié grotte is ­wel­bekend as die eindbestemming van menige pelgrimstog deur swart Suid-Afrikaners.

Soos Mofokeng dit stel, is die grotte “natuurlike katedrale” waar mense al deur die eeue bymekaarkom op soek na die spirituele. Miskien in vandag se besige, materiële stadslewe kan die grotte ook verstaan word as ’n ruimte van ontsnapping en die mens se soeke na stilte.

In ‘Eyes Wide Shut’ wil dit voorkom of Ishmael se oë terselfdertyd half-oop en half-toe is terwyl sy lyf nog stilweg, solied bly voortbestaan. Op die gietswart, plat agtergrond beweeg drie figure vaagweg rond. Dit is of Mofokeng twee verskillende, effe deursigtige fotografiese afbeeldings oor mekaar geplaas het om die effek van ­beweging te bewerkstellig.

In ietwat tegniese terme is dit natuurlik nie die geval nie. Deur die fotografiese negatief langer bloot te stel aan lig kan ’n mens die liggaam se beweging oor tyd in ’n enkelskoot vasvang.

In kort, vir my is ‘Eyes Wide Shut’ letterlik ’n ruimte van wonder: In die sin van ’n diepe onsekerheid oor presies waarna ’n mens kyk (is Ishmael se oë dan oop of toe?), asook die meer fantastiese idee van ’n wonderwêreld waarin die alledaagse ander, meer onsekere dimensies aanneem.

In ander prominente voorbeelde van Mofokeng se werk vind ’n mens baie die­selfde, amper magiese aanslag. In ‘Buddhist Retreat, Near Pietermaritzburg’ (2003) kan ’n mens slegs wonder oor watter soort wit, vierbeen gedierte – oënskynlik sonder kop – sal rondwandel in die donker woud (dit is ’n perd). Of in ‘Sacred Animals’ (1996) blyk dit dat een boerbok op die rug van ’n ander balanseer.

Die sorgvuldigheid waarmee Mofokeng te werk gaan om skoonheid en konsep te vereenselwig, gee gestalte aan fynbesnede kunswerke waarin die grense tussen fiksie en realiteit, die materiële en die spirituele, kuns en die groter samelewing noukeurig herdink word. Dié grense word in Mofokeng se werk amper soos ’n stil dier wat gereedstaan om te spring. Maar anders as ’n dier wat jag, is geen duidelike prooi in sig nie. Die oomblik van onsekerheid wat hier ter sprake is, is ’n uitnodiging vir kreatiewe denke: Hier vang ons drome.

Johan Thom

Johan Thom is ’n kontemporêre visuele kunstenaar wat in Londen woon en werk. Hy is veral bekend om sy performance-kuns, video’s en video-installasies.
Die lyf speel ’n groot rol in Thom se werk en hy span sy eie lyf dikwels in en onderwerp sy liggaam aan uiterstes in ’n poging om transformasie aan te dui.
Sy werk is enigmaties en speels en Thom bevraagteken vooropgestelde idees omtrent identiteit, die lyf, politiek en kennis.

- Die Burger

Original text on web (Opens in a  new window)

  • Archives

  • Pages

    • PERFORMANCE
      • For Linnaeus (2013)
      • Licked Colony (2011)
      • Thank you (2011)
      • Container (2011)
      • Fountain (Date Withheld)
      • Recital (2010/11)
      • Host 1 (2010)
      • Biblioclast: Action with Afrikaans/Dutch Dictionary (Rotterdam 2010)
      • Figurehead (2010)
      • Incantation series (2010 – 2012)
      • Vox Populis/ Vox Dei (2008/9)
      • Come in peace/ Go to pieces (2008)
      • Traffic (2008)
      • Twilight (2008)
      • The Theory of Gravity (2006)
      • Outpost Series (2004-6)
      • Bind/Ontbind Series (2003)
      • …other performances
    • VIDEO/INSTALLATIONS
      • Flow (2011)
      • Blood Rites/ eat your words (2010)
      • Host II (2010)
      • Shellshock (2010)
      • Illumination | 2010
      • Panopticon (2009)
      • Outpost 4 (2008)
      • The Theory of Displacement (2008)
      • Challenging Mud (After Kazuo Shiraga) (2008)
      • Terms of endearment (2007)
      • The Ascension (2007)
      • Birth of a Tyrant (2007)
      • The Theory of Flight (2006)
      • The Theory of Evolution (2006)
      • The Minotaur Series 12 (2005)
      • The Labyrinth (2004)
      • Violence and Happiness (2003)
      • The Pencil Test Series (2003)
    • OBJECTS
      • Fallen – object for throwing from Waterloo/ Blackfriars Bridge (2012)
      • Workhorse (2011) with Guy Du Toit
      • Gold works (2010 -)
      • Songbirds/ Decoy (2010 -)
      • Vessel: Perfect Lovers (2009)
      • Philistine rules/ Did you know? (2007)
      • Looking for Lucy (2007)
      • The OK Revolution (2007)
      • Molotovmammas (2007)
      • The Theory of Labour (2006)
      • words oft error (2005)
      • I am no-one (2001-2)
    • ABOUT
      • Press
      • Shortened CV
      • Interviews
        • The ghosts wish to remember: Interview with Petra Zemljič (2010)
        • Johan Thom interviewed by Sarah Claire Picton (2009)
        • Interview with Peter Machen (2008)
        • Radio Papesse Interview as part of ‘.za: Young Art From South Africa’ (2008)
        • Interview with David Koloane (2007)
        • Interview with Willem Boshoff (2006)
        • Interview with Carine Zaayman (2003)
      • Authored
        • Kendell Geers at the Steven Friedman, London
        • Life intimidating art, The Diplomat, Sept/Oct 2007
        • Roger Ballen at the Johannesburg Art Gallery, 2007
        • The sleeping monster produces reasons : Diane Victor
        • Santu Mofokeng (2010)
        • The sense of fresh air (2010)
        • Taming the Trojan Horse: Disarming the Politics of Otherness in a Postcolonial (African) Context
    • CONTACT
  • Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Blog at WordPress.com.

Theme: Customized MistyLook by WPThemes.


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Powered by WordPress.com